
United is die studente en jong werkende bediening van Gereformeerde Kerk Linden. Die doel van United is om die jong mense bymekaar uit te bring en ‘n gemeenskap te vorm tussen mense wie dieselfde ouderdom is, deur dieselfde situasies gaan en wie vriende nodig het wie dieselfde geloof deel. Soos die gemeenskap vorm word daar in aksie oorgegaan en begin die jong werkende ‘n aandeel hê in die bou van GKL.
Ons Fondasie
Jesus
United gaan oor Jesus. As dit nie oor Jesus gaan nie, is daar nie ‘n doel nie en kan United stop. Ons kom saam as gevolg van Jesus.
Swallowship
Die gemeenskap begin te vorm deur Swallowship (Eet saam in Fellowship). United wil graag aktueel bly vir die behoeftes van die Jong mense, en dus probeer ons verskillende goed doen en oor onderwerpe praat waaraan jong werkendes ‘n behoefte.
Aktiwiteite
Groeigroepe
Die groeigroepe kom twee keer ‘n maand bymekaar. Die datums word bespreek by die groeigroepe of op die WhatsApp groepe.
United Maandelikse Aksie
Daar is op die laaste Vrydag van elke maand (teensy anders gekommunikeer) ‘n aksie wat gefokus is op Jesus-gefokusde aktuele onderwerpe. Daar is verskillende sprekers, onderwerpe en aktiwiteite. Soms braai ons sommer net saam. Tye: 18:30 vir 19:00.
Jaarlikse Kamp
Daar is ‘n Jesus-gefokusde kamp jaarliks, ook met verskillende onderwerpe en sprekers .
Ander
Ons ondersteun ook GKL se Aktiwiteite en Bedienings. Dus wil ons ‘n aandeel hê aan dit wat die kerk aanpak.
Foto’s
Avontuur Naweek 2019





Bring en Braai






