GKL het `n hart vir jongmense se verhouding met die Here Jesus. Reeds van 2005 af het ons intensief begin bou aan `n veilige ruimte waarin tieners hulle geloof kan kom uitleef. Daarom het daar ook in die loop van die afgelope 20 jaar ʼn kontemporêre diens by GKL ontwikkel. In Graad 7 begin hierdie deel van ʼn jongmens se pad by die GKL Nuwe Gebou tydens BlinC.
BlinC en Belydenis is ‘n ruimte in die stad waar tieners saam met volwasse mentors kan leer hoe om die Here te dien in die krag van Sy genade. Hier groei ons ook in ons vermoëns om Hom te aanbid met musiek. Ons love Worship!
BlinC staan vir: Begin Lewe in Christus. Dit geskied op Donderdagaande 17:30 – 18:45 . Hier deel ons ons harte en ons vrae, hartseer en ons vreugdes. Ons leer van ʼn opregte verhouding met Jesus die Here.
GKL-Belydenis volg op BlinC van 19:00-20:30. Hier kyk ons dieper na die fundamentele sake van Geloof en Dissipelskap.
BlinC en Belydenis is `n ruimte:
- Waar ons Jesus leer lief hê met ons hele hart, siel, al ons kragte en verstand.
- Waar die Heilige Gees kragtig kan werk.
- Waar die Vader se liefde en waarheid met en in ons kan groei.
- Waar dissipels wat Sy woord liefhet leer om ander dissipels te maak.
- Waar jongmense in bediening mag wees.