Verkeerde Stellings
Hierdie webwerf is gemaak om doe beste te werk onder die volgende omstandigeide:
  • Mozilla Firefox 1.0+ of Internet Explorer 7+
  • JavaScript
  • Cookies
  • A monitor breedte van ten minste 900px
Ons kan sien dat een van die bogenaamde punte nie korrek op u stelsel is nie. Die regte sagteware vir u rekenare kan gekry word by:
Ongeldige Vorm Data
Die volgende fout(e) het gebeur terwyl ons u form nagegaan het:
* OMTRENT ONS

 Die logo vertel ons storie en strategie

In 2005 is ʼn proses gevolg om ʼn nuwe logo vir die gemeente te vind wat die Drie Plus Twee Agenda moes voorstel. Die logo word hieronder kortliks verduidelik:

Die kleure: Pers simboliseer Koning Jesus en God Drie-enig, en dit herinner aan Jesus se kruisiging (Joh 19:2). Groen simboliseer lewe, groei en liefde, nuwe geleenthede en komplimenteer die dinamiese gestalte van die logo.


Die bewoording in pers dui op die kernsake van die gemeente se roeping, ons missie wat die Here vir ons gegee het. Die bewoording in groen is effens kleiner en ondergeskik aan die pers bewoording, want die leierskap en strukture is diensbaar aan die Groot Fokus, die Groot Gebod en die Groot Opdrag. "Structure follows strategy".

Die "kop" van die persoon is pers en dui op Christus wat die Hoof is van die gemeente, sy liggaam (1 Kor 12, 14; Ef 4), en dit vorm die middelpunt van die embleem. So word die fokus op Christus uitgebeeld (1 Kor 1:22-23; 2:2). Die persoon of gemeente (en elke lid van die gemeente) is met Christus, die Hoof verenig. So word die essensie van dissipelskap uitgebeeld, nl. om ʼn volgeling en leerling van Jesus te wees, en om onder die leiding van die Gees meer en meer aan sy beeld gelykvormig te word (2 Kor 3:18).

Die arms van die simbool herinner aan die kruis en daarmee aan Christus die Gekruisigde (1 Kor 2:2).

Die boog aan die regterkant spel die letter "C" vir Christus, en beklemtoon ook weer die Groot Fokus op Christus die gekruisigde.

Die boog wat die arms van die persoon vorm, wys na Bo en dui op lofprysing en aanbidding. So word die Groot Gebod treffend uitgebeeld: "jy moet die Here liefhê met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en al jou kragte" (Mark 12:30).

Die boog aan die linkerkant spel die letter "D" en staan vir dissipelskap en die Groot Opdrag om dissipels te maak (Matt 28:18-20). Let daarop dat hierdie die grootste boog is. Dit lyk soos die voete van die gemeente, wat in die wêreld die evangelie verkondig en in die werklikheid van elke dag lewensverandering bring (Ef 6:15).

Die vyf lyne onder die simbool vorm ʼn boek. Die gemeente se fondament is die Woord van God, die Woord van die kruis (1 Kor 1:18), en dit som terselfdertyd die strategie op as synde die Drie Plus Twee Agenda.
Die simbool is dinamies, beweeg en groei na Bo. Die figuur beweeg van die boek en met die boek in die wêreld in. Ook die woorde "meer ... meer ... meer" spel groei uit.

 

 

Saamgevat: Meer soos Jesus, meer Liefde, meer Dissipels!


Dit is die doel van ons bestaan!

 


GK Linden met een oogopslag! 


Ons Leraars en hul gades

Jacob & Cynthia Pretorius met gesin

 

Willem & Wya van der Waal

 

 

 Hendrik en Marga van Deventer

 


Ons Kerkraad

GEORGE LINDEQUE (VOORSITTER)

 

KARIEN LAGENDYK (VOORSITTER DIAKONIE)

 

ARIE DE KRUIJFF (OUDERLING UITREIK)

 

KATHY BEUKES (OUDERLING KOINONIA)

 

 

LOUIS STRYDOM (DIAKEN AANBIDDING)

NANI KORNELIUS (DIAKEN FINANSIES)

 

TINEKE DE KRUIJFF (DIAKEN UITREIK)

 

LIZEL BEKKER (DIAKEN UITREIK)

ALBERTHA KRUGER (DIAKEN KONONIA)

HERMAN BRAUER (DIAKEN KONONIA)

 

CORNE DE JAGER (DIAKEN KLEINGROEPE)

EBEN MARAIS (DIAKEN ONDERSTEUNINGSDIENSTE)