Verkeerde Stellings
Hierdie webwerf is gemaak om doe beste te werk onder die volgende omstandigeide:
  • Mozilla Firefox 1.0+ of Internet Explorer 7+
  • JavaScript
  • Cookies
  • A monitor breedte van ten minste 900px
Ons kan sien dat een van die bogenaamde punte nie korrek op u stelsel is nie. Die regte sagteware vir u rekenare kan gekry word by:
Ongeldige Vorm Data
Die volgende fout(e) het gebeur terwyl ons u form nagegaan het:
* INTERAKTIEF

Alles oop | Alles Toe

  • Kerkdienste
    • Aanddiens kry nuwe tydgleuf

      Vanaf Sondagaand 9 November 2008 gaan die aand eredienste vervroeg vanaf 18:30 na 18:00. Dit was die versoek van die 20 Something's sodat hul nog na die diens ekstra tydjie het om gesellig saam te verkeer voordat hul weer maandag vroeg uit die vere moet wees vir hul daaglikse bedrywighede. Aanbidding en die kerkkantoor het onderneem om die oorskakeling en bekend maak van die nuwe tyd onder die gemeente se aandag te bring.

      • anoniem
        2008-10-29 21:16:48
        Great!
      • anoniem
        2009-01-07 14:39:11
        wonderlik!
    • Die brullende leeu en Reiki...

      Hello, Ons is almal seker so vaagweg bewus van die New Age Movement (NAM) - maar weet ons wat daar aangaan? Een van die op die oog af 'mak' manifestasies van NAM is Reiki - tot sommige kerkgangers beoefen dit. Hier is bietjie meer daaroor http://www.roachbusters.co.za/reiki.doc
      Seen
      G

      • Geen kommentaar bestaan op die oomblik nie
    • Voorgestelde GKL 'kampus'

      Hallo, vir die wat nog nie weet nie, sien http://www.krige-arch.co.za/lindenGK/index.html#/0
      Dit lyk great - is dit 'n 'need to have' of 'n 'nice to have' om 1 Kor 10:31 uit te lewe "Of julle dan eet of drink of enigiets doen, doen alles tot verheerliking van God." uit te lewe? Die vraag is dus, wie word hier verheerlik?
      Wat dink jy?
      Liefde in Christus

      • Geen kommentaar bestaan op die oomblik nie
  • Webwerf
    • Wenslysie

      Almal wat 'n blink idee het hoe ons die werf kan verbeter, kan hier iets byvoeg:
      1. BEDIENINGS: Kontak Bedieningsleier anoniem (bv. aanmelding van Sarfat geval)
      2. GEBEURE: Herhaling van gebeure om automaties op die kalender te verskyn


      • Marc Plotz
        2009-02-25 09:45:21
        Die RSS Feed is reggestel.
      • Jaap Lagendyk
        2009-06-07 09:40:17
        Item 1: Word uitgestel vanwee die koste
        Item 2: Sal gedoen word met die opgradering in Junie/Julie 2009
      • Jaap Lagendyk
        2009-06-14 09:03:39
        Jammer, Item 1 en 2 omgeruil!
      • toets weer
        2009-07-30 20:12:23
        Item 1 is voltooi.
      • Jaap Lagendyk
        2009-08-04 20:05:13
        GEBEURE - VERJAARSDAE: die lys moet volgens datum gesorteer wees (eerskomende datum bo) BUG!
        BIBLIOTEEK: in admin is die dropdown onvoldoende (slegs name, nie gesorteer)
        PADKAART: nuwe kaart benodig - posisie in vaste venster op pers menu
        BEDIENINGE: Hersiening, word nie gebruik nie - afhaal?
        ADMIN EPOS: Nog spelfoute
        GEBEURE: automatiese herhaling van sekere 2-weekliks/ weekliks/ maandelikse gebeure
        ARGIEWE: e-pos inskrywing
        GEMEENTELEDE PROFIEL: Notas nie selekteerbaar om te wys / nie te wys
    • Advertensies

      Moet ons dit toelaat?

      • Jaap Lagendyk
        2009-01-29 16:02:16
        Ek dink nie ons moet advertensies op die tuisblad toelaat nie.
      • Gabriël Smit
        2009-01-31 10:32:35
        Wel, dis nou die derde keer dat ek die ding probeer skryf, veral as ek 'n kappie of deelteken soos per 'alt,0,2,3,4' wil opsit soos ons maar in Afrikaans soms wil doen, sny die bladsy uit...
        OK, advertensies ja, maar op 'n aparte bladsy (waarheen jy moet kliek) en nie soos per Nuusbrief wat ons geen keuse stel nie om dit raak te sien nie. Indien advertensies dan moet dit gemodereer wees en ons moet daarvoor betaal word - wat se die F&A daarvan?
        Kan ons asb die hele ding van Imbali in Afrikaans vertaal? Word ons op 'n manier vergoed (afslag?) deurdat ons vir Imbali sodoende advertensie maak?
    • Fotos

      Ok mense, ons soek daai kiekies - as julle dink julle lyk nie goed genoeg nie sal ek gratis julle fotos 'dokter' ;-)))

      • toets weer
        2009-02-10 17:01:01
        Vir wie moet ons dit stuur?
      • Gabriël Smit
        2009-02-27 09:15:00
        Die fotos sal ek 'dokter' indien nodig - ek weet nie of dit die antwoord op jou vraag is nie Jaap. Julle kan dit Sondae of op papier (gewone kiekies) of memory stick of so bring (julle kan dit ook te enige tyd by die kantoor los - merk dit net mooi), fotos sal ek in'scan', regmaak (ook regte grootte) en teruggee. Die fotos kan julle maklik self op die webwerf plaas.
        Jaap, wat is die max grootte wat ons mag plaas?
        Seen
        G
      • toets weer
        2009-02-27 10:06:36
        Dankie. Die avatar (ID foto) word vertoon as 100 pixels wyd en die lengte word in verhouding aangepas. Maar as mens op die foto kliek vertoon die volle grootte soos gelaai.
    • RSS

      Die RSS fasiliteit werk nou goed en ons moedig almal aan om daarvan gebruik te maak. Hier is 'n paar vrae an antwoorde om die beginsel daarvan te verduidelik.

      Vraag: Wat is RSS?
      Antwoord: RSS staan vir "Real Simple Syndication". Dis 'n tegniek om elke dag vars nuus te kry sonder om telkens die webwerf te besoek.

      Vraag: Hoe kry ek dit?
      Antwoord: Daar is basies 3 maniere:
      1) deur 'n RSS voerprogram op my rekenaar te installeer
      2) deur gebruik te maak van 'n aanlyn "aggregator"
      3) deur die voer te lys by 'n RSS na epos diens

      Vraag: Watter RSS voere bied GKL?
      Antwoord: Tans het ons 2 naamlik een vir hierdie forum en nog een vir Gebeure.

      Vraag: Ek is geïntereseerd - wat moet ek doen?
      Antwoord: Binne die volgende paar weke gaan 'n gedetaileerde instruksies gee vir al 3 maniere om dit te kry. As jy intussen meer wil weet, kontak my gerus en ek sal kan help.

      Jaap Lagendyk

      • Geen kommentaar bestaan op die oomblik nie
    • Spelfoute

      Rapporteer hier asb. enige spelfoute of taalfoute wat jy raakloop.

      • toets weer
        2009-02-27 09:52:19
        In GEMEENTELEDE:
        eposadress => Epos-adres
      • toets weer
        2009-02-27 09:54:33
        In INTERAKTIEF RSS:
        gebuer => gebeur
      • Raymond Stevens
        2009-02-27 19:54:27
        Bebeur Spelling corrected.
      • Raymond Stevens
        2009-02-27 20:11:12
        Epos-adres corrected
      • Didi Cornelissen
        2009-03-05 07:59:51
        ARGIEWE
        u moet ingeteken wees om heirdie funksie te gebruik. HIERDIE
      • Raymond Stevens
        2009-03-05 20:11:33
        :) Fixed up.
      • Gabriël Smit
        2009-10-10 20:01:13
        Gebeure by Linden: Jacob bied ...Nuwe Tesmtament kursus aan... ;-)
    • RSS voer

      toets of dit werk

      • Jaap Lagendyk
        2010-03-13 09:57:00
        my RSS werk nie
  • Erediens Uitsendings
    • Powerpoint Presentations

      Johan Eloff het 'n voorstel gemaak om van 'n aanlyn "file sharing" diens gebruik te maak deur die internet om elke erediens se Powerpoint Presentation aan die luisteraars van diens beskikbaar te stel. Die diens is beskikbaar by www.syncplicity.com en die gratis pakket is beperk tot en met 2GB data en 2 rekenaars.
      Kommentaar of nuwe voorstelle word verwelkom.

      • Gabriël Smit
        2009-11-13 16:16:38
        As spasie ons probleem is kan ons altyd via Picasa kiekies verniet op Google se servers sit, dan verskaf ons net die 'link' na die plek - ek glo egter daar is twee ander en groter probleme:
        1- die tekort aan bandwydte (of die onkoste daaraan verbonde) en
        2- die algemene apatie mbt die webwerf (of is dit nie miskien blote tevredenheid met die Woord soos dit is nie...)
        Liefde in Christus